FANews
FANews
RELATED CATEGORIES
Category Life Insurance

Sanlam stel omvattende persoonlikedekking-oplossings bekend vir mense met MIV

30 November 2007 Sanlam

Sanlam het so pas 'n omvattende persoonlikedekking-oplossing bekendgestel vir mense met MIV.

Die Sanlam LifePower-reeks bestaan uit drie soorte oplossings, naamlik termynversekering, helelewensversekering en 'n leningsbeskerming-opsie.

Die reeks word geadministreer deur AllLife, die markleier op die gebied van die ontwikkeling en administrasie van lewensversekering vir mense met MIV.

Sanlam-produkaktuaris, Petrie Marx, s die LifePower-reeks is uiters geskik vir mense met MIV wat voorsiening wil maak vir diegene wat finansieel van hulle afhanklik is ten einde hul gesinne gemoedsrus en finansile sekuriteit te gee in die geval van hul dood of ongeskiktheid.

MIV/Vigs word tans effektief met anti-retrovirus terapie (ART) volgens internasionaal aanvaarde behandelingsriglyne beheer. Alle oplossings in die reeks vereis dat klinte hierdie riglyne nakom en is slegs beskikbaar aan individue wat met gepaste Anti-retrovirusterapie (ART) begin het, of dit op die regte tyd gaan doen."

Hy s mense wat aan die behandelingsriglyne van die LifePower-reeks oplossings voldoen, kan MIV dekking teen 'n bekostigbare tarief ontvang.

"Die verbintenis is nie 'n le belofte nie ons sal gereeld monitor of mense die behandelingsriglyne volg wat aan hulle gegee is, en ons sal hulle bystaan wanneer hulle probleme ondervind met die nakoming van hierdie riglyne.

Nakoming beteken om jou MIV op die gepaste wyse te beheer. Dit sluit in om gereelde bloedtoetse te ondergaan om MIV te monitor, op die regte tyd met gepaste ART te begin, daarby te hou, en die ART-middels gereeld te gebruik soos deur jou dokter voorgeskryf."

Sanlam het die Beleid van Behandeling van MIV/Vigs, en die nakoming en monitering daarvan soos omskryf deur AllLife, aanvaar. Hierdie beleid is deur die South African HIV Clinicians Society goedgekeur en stem ooreen met die behandelingsprogram van die Departement van Gesondheid. Die omskrywing van nakoming word by die aansoekvorm ingesluit en applikante sal hierdie omskrywing moet aanvaar en hulle daartoe verbind.

Marx s om gepaste ARTprogramme getrou te volg, is steeds die enigste bewese manier om optimale gesondheid te behou en sodoende die lewensgehalte van mense met MIV te verbeter en hul lewensverwagting te verleng.

AllLife sal klinte se nakoming van behandelingsriglyne namens Sanlam monitor deur toegang tot 'n individu se bloedtoetsuitslae, en sal gereeld met klinte kommunikeer oor die mate waartoe hulle aan die riglyne voldoen.

Hoe werk die oplossings?

Al die Sanlam LifePower-oplossings bied dekking in die geval van die dood van die versekerde, ongeag of dit te wyte was aan 'n ongeluk of gesondheidsverwante oorsaak. Daar is geen wagtydperk nie, wat beteken dat die versekerde onmiddellik gedek word sodra die polis in werking tree.

Dekking vir permanente ongeskiktheid kan ook as 'n opsionele bykomende voordeel by LifePower-polisse gevoeg word.

LifePower Termynlewens

LifePower Termynlewens-oplossings bied dekking vir 'n beperkte tydperk (10 tot 20 jaar) en is geskik vir mense wat gedurende 'n belangrike maar beperkte tydperk van hul lewens dekking vir hul afhanklikes wil voorsien.

LifePower Helelewens

LifePower Helelewens bied dekking vir 'n onbeperkte tydperk of totdat die poliseienaar besluit om die dekking te kanselleer. LifePower Helelewens bied dekking teen 'n konstante premie of n toenemende premie. Indien die toenemende premie gekies word, beteken dit dat die polis aanvanklik goedkoper sal wees, maar die premie sal teen 'n koers van 5% per jaar verhoog word.

LifePower Leningsbeskerming-lewenspolis

Die LifePower Leningsbeskerming-lewenspolis bied dekking wat bedoel is om gelykstaande te wees aan die delgingskuld van n lening bv. 'n lening wat in gereelde en gelyke maandelikse paaiemente afbetaal word. Dekking word vir 'n 10- of 20-jaartermyn gebied, met konstante premies oor die termyn.

Die dekkingsbedrag verminder in lyn met die uitstaande bedrag van die lening en maak nie voorsiening vir voorskotte nie.

LifePower Ongeskiktheidsdekking

Ongeskiktheidsvoordele van 75% van die waarde van die sterftevoordeel word voorsien wanneer dit aan 'n LifePower Termynlewens- of Helelewensoplossing gekoppel word. Wanneer dit aan 'n LifePower Leningsbeskerming-oplossing gekoppel word, is die ongeskiktheidswaarde 100% van die (verminderende) waarde van die sterftevoordeel. Hierdie voordeel is 'n vervroeging van die sterftevoordeel, wat beteken dat sodra 'n eis vir permanente ongeskiktheid uitbetaal word, die sterftevoordeel tot 'n einde kom en geen verdere voordele betaalbaar is nie.

Permanente totale ongeskiktheid word omskryf in terme van die versekerde se vermo om Daaglikse Werksaktiwiteite te verrig, of in terme van spesifieke Vigs-definierende toestande wat werksvermo inperk.

In die geval van 'n ongeskiktheidseis sluit die polis 'n premiekwytskeldings-voordeel in gedurende die wagtydperk. Hierdie voordeel word beperk tot 'n maksimum van 12 betalings oor die termyn van die polis.

Quick Polls

QUESTION

What do you think the high volume of inquiries and withdrawal requests means for the future of the two-pot system?

ANSWER

It suggests high demand and potential success of the system
It indicates possible problems with the system’s implementation or communication
It points to financial stress among individuals that could affect long-term retirement planning
It could be detrimental to the economy and people's retirement security
It’s too early to determine the impact on the system’s future
fanews magazine
FAnews August 2024 Get the latest issue of FAnews

This month's headlines

Women’s Month spotlight: emphasising people and growth in the workplace
The power of skills transfer and effective mentorship
Advisers and investors hold thumbs the GNU will restore bond and equity valuations
What are the primary concerns of insurers and brokers?
The Two-Pot System: regulatory challenges ahead
How comprehensive is your clients' critical illness cover?
Subscribe now