orangeblock

Moonstone Monitor 3 April 2008

04 April 2008 | | Moonstone Monitor 3 April 2008

Appéltydperk vir Eise Verleng

In die nou reeds bykans berugte saak van Barkhuizen teen Napier wat al van 2005 af kom het die Grondwetlike Hof beslis dat dit nie ongrondwetlik is om te verwag dat 'n kliënt binne 90 dae beswaar sal maak as hy ontevrede is met die uitslag van 'n eis nie. Die 90 dae grasie geld waar 'n eis afgekeur is, of die bedrag wat geëis word, verminder is.

Die agtergrond is kortliks dat Barkhuizen 'n eis ingedien het wat afgewys is en eers twee jaar later beswaar aangeteken het. Sy beswaar is van die hand gewys op grond van die tyd wat verstryk het, en nie die gronde vir sy eis nie.

Hoewel die Hooggeregshof hom gelyk gegee het, het die Grondwetlike Hof daarteen besluit. Dit het in hierdie geval hoofsaaklik daaroor gegaan of die 90 dae tydperk billik was of nie. Barkhuizen het al die inligting tot sy beskikking gehad om 'n eis in te dien, en ook te appelleer. Die feit is dat hy versuim het om binne twee jaar so te maak; derhalwe was die tydsklousule nie onbillik nie. Daar is ook geen bewys gelewer dat hy onbewus was van die klousule nie, en hy het geen rede vir die vertraging gebied wat in sy guns kon tel nie.

En nou vir die mooi nadraai van die storie - na die uitspraak het belanghebbendes bymekaar gekom en besin oor die 90 dae klousule soos vervat in Reël 7.4 van die "Policyholder Protection Rules", en die redes vir die bestaan daarvan. Na insette van industrie liggame en die Korttermynversekeringsadvieskommittee (sjoe!) is daar besluit besluit om die tydperk te verleng na 180 dae.

Hierdie wysiging is geskeduleer om op 1 September vanjaar in werking te tree.



Paul se Perspektief/ Paul's Perspective

"The philosophy behind much advertising is based on the old observation that every man is really two men—the man he is and the man he wants to be."

This observation by William Field holds very true in our industry too. In an article from Marketingprofs called "Help your customer live the fantasy" they use the following example to point out the difference between our self-image and the dream we have for ourselves:

"The duality can be observed in the cars we drive. Take the Prius, which isn't simply an economy car; it's also an eco-friendly symbol of social consciousness. At the opposite end of the spectrum, a Hummer is more than a utilitarian SUV; it's for those who dream of weekends spent on rugged off-road trails. Each vehicle not only addresses a customer need - transportation - but reinforces that need by selling an ideal."

What makes our business special is the extent to which can help our clients achieve material dreams, but also provide that rare commodity called peace of mind. If we really want to convert our clients into loyal supporters, we need to convince them that we are the vehicles through which they can convert their dreams into reality. The article concludes:

"Buyer desires are transient and they can change but ideals do not shift as easily."

Sake 24 vra watter vertaling ons in Afrikaans gebruik vir "as and when", en ek is onseker, maar vra vir John Swart in Pretoria. Hy sê hulle gebruik maar die standaard "soos en wanneer", wat ek ook deurgee aan die koerant. My kollega Marius Rall het egter 'n ander vertaling wat ek glo die meeste lesers eerder mee sal assosieer: "Dan en wan!"

As iemand dalk 'n lekkerder vertaling het vir "as and when", laat weet gerus per epos.

Moonstone Monitor 3 April 2008
quick poll
Question

COFI is coming, bringing a wave of change for financial planners. Which one of the following disruptors will have the biggest impact on your business?

Answer