orangeblock

Moonstone: Afrikaans en die R.E.s: Waar staan ons nou?

20 April 2011 | Intermediaries / Brokers | General | Moonstone

Daar was nie veel meer nuus oor hierdie onderwerp ná die persvrystelling deur die RFD verlede week nie. Ons besturende direkteur Hjalmar Bekker, het die volgende inligting aan ’n kliënt gestuur na aanleiding van ‘n navraag, en ons deel dit graag met ons ander lesers.

Jou navraag oor wat nou gebeur ten opsigte van die proses om Afrikaanse vraestelle beskikbaar te stel is na my verwys. Ek verduidelik kortliks as volg:

· Daar is geen formele besluit reeds geneem nie en wat hieronder verskyn mag nog steeds verander soos die omgewing en besluite verander.

· Eerstens gaan daar ‘n opname gedoen word om te bepaal wie die vraestel in Afrikaans wil skryf. Dit gaan binne die volgende week of so beskikbaar wees op die FSB se webblad. Persone wat in Afrikaans wil skryf sal dan op die webblad registreer. Die verskillende tipes RE eksamens sal aangedui moet word waarvoor die persoon wil registreer.

· Op die oomblik is daar nog nie ‘n koste bepaal nie en dit kan eers na afloop van die registrasie proses bepaal word wanneer daar ‘n presiese aanduiding is van die aantal mense wat wel wil registreer. Die eksamens sal beslis aansienlik duurder wees as die huidige R900. Dit is moeilik om te spekuleer oor hoeveel meer.Daar is verskeie faktore wat die uitendelike prys sal bepaal.

· Daar sal ‘n waarskuwing op die webblad wees dat indien die persoon vir Afrikaans registreer die persoon slegs toegelaat sal word om die eksamen in Afrikaans af te lê.

· Oor die presiese metodiek wat gevolg moet word om kwaliteitskontrole te verseker asook om seker te maak dat die moeilikheidsgraad van die Engelse en Afrikaanse vrae dieselfde bly,moet nog besluit word.

· Daar is tans ook nog nie uitklaring of die Engelse vrae bloot vertaal sal word nie en/of daar nuwe Afrikaanse vrae ontwikkel sal word nie.

Om dus op te som: jy is heeltemal korrek deur te sê dat daar nog heelwat sake is wat gefinaliseer moet word voor daar metodiek en afleweringsdatums beskikbaar sal wees.

Ons sal lesers op hoogte van verwikkelinge hou deur middel van ons nuusbriewe.

quick poll
Question

If you had to hazard a guess, when do you reckon the COFI Bill will be signed into law?

Answer