FANews
FANews
RELATED CATEGORIES

Virseker stel Besigheidsversekering bekend

11 August 2017 Virseker

Suid-Afrika se enigste trots Afrikaanse versekeringshandelsmerk, Virseker, het pas aangekondig dat hulle nou ‘n blinknuwe versekeringsaanbieding, spesifiek vir besigheidseienaars, lewer.

Virseker Besigheidsversekering spreek ‘n behoefte aan wat van kritieke belang is: dat besigheidseienaars 'n gestruktureerde versekeringsoplossing in plek het wat hul besigheid beskerm teen die verskillende risiko's wat die onderneming en sy mense in die gesig staar, terwyl hulle eerder kan fokus op kern sake-aktiwiteite, beleggings en nuwe besigheidsgeleenthede.

Dit is ‘n kombinasie van tradisionele besigheidsversekering met meer buigsame opsies wat aangepas is aan bykans enige soort en grootte besigheid, van elektrisiëns, loodgieters en gastehuise tot mediese- en regspraktyke, motorhandelaars en restaurante se unieke behoeftes te voorsien.

Die tradisionele produk sluit onder andere geboue-, brand-, kantoorinhoud-, elektroniese toerusting-, toevallige skade-, persoonlike ongeluk- en motorversekering in, terwyl pasgemaakte aanbiedings opsies soos Besigheidsmotorvoertuigpolisse alleenlik, Ambagsmandekking – Motor en Alle risiko’s (gekombineerde aanbieding) en Koerierdienste – Motor en goedere in Transito (gekombineerde aanbieding) bied.

Besigheidseienaars wat dié versekering uitneem se premies dra ook aktief by tot die behoud en florering van Afrikaans: Die Virseker Trust fokus op die bevordering van Afrikaanse onderrig, waar reeds meer as R10 miljoen in onder andere die daarstelling van ‘n blinknuwe Afrikaanse universiteit, Akademia, verskeie studiebeurse, die Rapport Onderwysfonds en die ontwikkeling van Afrikaanse leertoepassings belê is. Die Trust lê tans veral klem op die uitbreiding van Akademia se wêreldklas fasiliteite, wiskunde-ondersteuning in behoeftige gemeenskappe en verdere beurstoekennings vir uitblinkstudente.

“Hierdie is ‘n opwindende nuwe aanbieding wat ‘n pasgemaakte oplossing vir meer as 700 besigheidstipes bied”, sê Alex Terblanche, Hoof van Besigheidsversekering. “Effektiewe risikobestuur wat aan jou unieke behoeftes voorsien is ‘n móét vir enige vooruitstrewende onderneming, klein of groot. Virseker is trots om só nog ‘n eersteklas produk te bied – ín Afrikaans, vír Afrikaans.”

Quick Polls

QUESTION

Market volatility can make investors do strange things… How do your clients reposition their unit trust portfolios during uncertain times?

ANSWER

Balanced fund diversity
Double-down on global equities
Flee to bonds and cash
Stick with the long-term plan
fanews magazine
FAnews February 2025 Get the latest issue of FAnews

This month's headlines

Unseen risks: insuring against the impact of AI gone wrong
Machine vs human: finding the balance
Is embedded insurance the end of traditional broker channels?
Client aspirations take centre stage as advisers rethink retirement planning
Maximise TFSA contributions before year-end
Subscribe now