orangeblock

Bemark MiWay se vervoeredekking vir besighede!

08 March 2016 | Short Term Insurance | Product Offerings | MiWay

Die vervoer- en logistiek-industrie is ’n hoogs gespesialiseerde en uitdagende bedryf waarin geen twee besighede dieselfde is nie.

Unieke versekeringsdekking wat elke aspek van vrag- en vervoerrisiko’s op verskeie gebiede aanspreek word vereis en dít is waar MiWay Besigheidsversekering inkom. Ons produkte is op só ’n manier saamgestel dat dit beide kort- en langafstand vragvervoer operateurs gemoedsrus én versekeringvryheid bied.

Innovering landswyd
Meer besighede en mense het onlangs toegang tot MiWay se bewese versekeringsoplossings verkry, deurdat makelaars reg oor die land nou een van sekerlik dié mees innoverende persoonlike en besigheidsportefeuljes beskikbaar op die mark, vandag aan hul kliënte kan bied.

Morné Stoltz, hoof van besigheidsversekering by MiWay, verduidelik dat dié versekeraar beide standaard en risiko-spesifieke dekking bied. Omvattende dekking word egter aanbeveel om sodoende te verseker
dat soveel risiko’s moontlik gedek is. 

“Dit is ook natuurlik noodsaaklik vir ’n vervoerbesigheid om hul bates te verseker en dat derde party goedere teen verlies en/ of skade gedek word. Daar moet ook voldoende beperkings op aanspreeklikheid
wees,” sê Stoltz.

Vervoer-spesifiek
“Omdat baie voertuie ’n groot deel van die dag op die pad spandeer, is daar groter risiko vir insidente om te gebeur omdat voertuie wat by vasgestelde skedules en roetes hou, maklike teikens is,” sê Stoltz.

Hy noem dat die grootste hoeveelheid eise voertuig verwant is en dat goedere-intransito
eise dikwels baie duur is. 

Omdat voertuie na ’n diefstal of kaping gereeld verlate gevind word met die vrag gesteel, sluit MiWay se besigheidsvoertuigproduk goedere-in-transito dekking in om sodoende dié risiko’s aan te spreek.
Daar moet ook nie van aanspreeklikheidsdekking vergeet word nie. “Dit dek die versekerde teen beserings en/of derde party verliese waarvoor die versekerde regtens aanspreeklik gehou kan word,” verduidelik
Stoltz.

Vervoerversekering moet ook voorsiening maak vir enigiets van padbystand (met die grootte van die trok in ag geneem) tot die opsporing van voertuie.

MiWay bied ook opsionele dekking vir buurlande en uitgebreide Afrika-gebiede aan. “Dit is belangrik dat kliënte weet watter gebiedsbeperkings op hul polis van toepassing is. Dieselfde geld vir beperkings op die
tipe dekking wat ’n kliënt geniet, byvoorbeeld geen padbystandsdekking in sekere areas of repatriasie na ’n ongeluk.”

Stoltz benadruk dat nie alle vervoerpolisse dieselfde is nie: “Dit is noodsaaklik om te weet watter terme, voorwaardes en bybetalingstrukture op polisse van toepastoepassing is. In die bestaande ekonomiese klimaat is dit belangrik om jou kliënt ’n kwaliteitproduk te bied wat hul dekking teen die regte risiko’s bied.”

Besigheidseienaars wat na MiWay Besigheidsversekering oorskakel sal ’n vasgestelde bybetaling op alle kommersiële voertuig polisse geniet. Dit maak dit makliker vir kliënte om te begroot vir moeilike tye, en
is in welkome teenstelling met die persentasiebybetalingstrukture (wat astronomiese bedrae kan beloop) waarvan sommige versekeraars gebruik maak.

Versekeringsvryheid
’n Wetenskaplike benadering tot die koste van versekering en ’n wye verskeidenheid van voordele en opsionele dekkingsopsies stel kliënte in staat om ’n polis uit te neem wat aan hul besigheidsbehoeftes voldoen. Deur van makelaars gebruik te maak en hul met ’n besigheidsproduk te voorsien, help MiWay om gesonde kompetisie in die Suid-Afrikaanse versekeringsmark te skep deurdat kliënte verskeie opsies het om die regte dekking teen die regte prys uit te neem. 

Makelaars sal standaard kommissie (soos gereguleer) verdien, terwyl diegene wat in die finansiële dienste sektor werk, maar nie gemagtig is om korttermyn- of besigheidsversekering te verkoop nie, ’n verwysingsfooi betaal sal word.

Met MiWay Besigheidsversekering kan jy én jou kliënte optimale versekeringsvryheid geniet deur uit ’n wye verskeidenheid produkte en voordele te kies.

Vir meer inligting en om ons produk te bemark, stuur ’n e-pos aan brokers@miway.co.za
MiWay is ‘n gemagtigde finansiële dienste verskaf fer (Lisensie no: 33970)

Comment on this Post

Name*

Email Address*

Comment*

Bemark MiWay se vervoeredekking vir besighede!
quick poll
Question

How concerned are you that your clients might fall for deepfake or other AI-backed cybercrime scams, especially in financial or investment settings?

Answer